Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Stories van die kantlyn - Theuns Stofberg

Stories van die kantlyn

(Autor)

Buch | Softcover
224 Seiten
2016
Zebra Press (Verlag)
978-1-77022-893-1 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel ist leider vergriffen;
    keine Neuauflage
  • Artikel merken
n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes... Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit.
n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes...Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein - een van slegs 56 spelers wat die eer kon he - was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy 'n ware heer en uitstekende storieverteller - soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek. In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies - tot vandag toe 'n ongeewenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morne du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers 'n fassinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika.
Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met 'n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy 'n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.

Theuns Stofberg is die enigste speler in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby wat die Curriebeker vir drie provinsies verower het: die Oranje-Vrystaat, Noord-Transvaal en die Westelike Provinsie. In die 10 jaar wat hy senior rugby gespeel het, het sy span elke keer die Curriebeker-finaal gehaal, met ses oorwinnings en een gelykop uitslag. Hy het op die tere ouderdom van 21 'n Springbok geword toe hy die legendariese Jan Ellis in 1976 in die tweede toets teen Andy Leslie se All Blacks vervang het. In sy 21 toetswedstryde het hy ses driee gedruk en hy het as kaptein uitgedraf tydens vier internasionale wedstryde - teen Nieu-Seeland, Engeland en Suid-Amerika. Hy woon saam met sy vrou Martie op Rouana, 'n klein wynplaas tussen die Stellenbosse wingerde.

Erscheint lt. Verlag 16.3.2016
Sprache Afrikaans
Themenwelt Literatur Biografien / Erfahrungsberichte
Sachbuch/Ratgeber Sport Ballsport
Weitere Fachgebiete Sportwissenschaft
ISBN-10 1-77022-893-4 / 1770228934
ISBN-13 978-1-77022-893-1 / 9781770228931
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
das umfassende Buch für Fans, Spieler und Neugierige

von Jonas Kürbis

Buch (2024)
Eulogia Verlags GmbH
CHF 25,90