Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Polemieke - Gabriël J. Botma

Polemieke

Bekgevegte in Afrikaans
Buch | Softcover
200 Seiten
2018
Zebra Press (Verlag)
9781776092314 (ISBN)
CHF 20,90 inkl. MwSt
  • Titel ist leider vergriffen;
    keine Neuauflage
  • Artikel merken
In Polemieke neem oud-koerantman en akademikus Gabriel Botma bestek op van polemieke wat in Afrikaans gevoer is oor onderwerpe wat wissel van politiek en taal tot kerksake en kuns.
Plofbare opinies was nog altyd ’n onderskeidende kenmerk van Afrikaners. Politici, skrywers, joernaliste en die man op straat was nog nooit skaam om by bekgevegte betrokke te raak nie. Tradisioneel was die gedrukte media die forum waar polemieke uitgewoed het. In die vroegste dae aan die Kaap is die slawekwessie driftig gedebatteer, en toe die Voortrekkers hulle skrede noordwaarts gerig het, het teenstrydige argumente uitgespeel in een van die die vroeë Suid-Afrikaanse koerante, Grocott’s Mail. Die waarde van gesprekke in die aanloop en nadraai van geskiedkundige gebeure soos rebellies, opstande en oorloë kan nie onderskat word nie. Politieke verwikkelinge soos Suid-Afrikaners se gesprekke met die ANC toe dié organisasie nog verban was, het die hele land aan die stry gehad. Om nie te praat van Afrikaans en sy rasse-bagasie of kerksake soos die Belhar-belydenis en die hantering van gay lidmate nie. En wie sal die spanning wat tussen H.F. Verwoerd en N.P. van Wyk Louw ontstaan het met die pluimsaad-polemiek, vergeet? Piekniek by Dingaan en die Voëlvry-beweging het nie net opskuddings op kultuurgebied veroorsaak nie. Ook het die eggo’s van kwessies soos “gemengde” sport en boikotte, en die skandes wat sportsterre soos Hansie Cronjé, Joost van der Westhuizen en Oscar Pistorius veroorsaak het, in alle sfere van die samelewing weerklink. Misdaad soos plaasaanvalle en -moorde is daagliks op Suid-Afrikaners se lippe, net soos wat daar steeds oor figure soos Daisy de Melker, Gert van Rooyen en Joey Haarhoff gegons word. In Polemieke bied Gabriël Botma lesers ’n blik op bekende én byna vergete woordtwiste wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis help slyp het. Karakters wat ʼn sentrale rol in Afrikaner-polemieke gespeel het, word aan die vergetelheid ontruk, en hedendaagse polemici kom onder die loep. Binne die konteks van Afrikaner-nasionalisme het dié strydpunte deurgaans gelei tot groter insig onder betrokkenes en lesers, maar terselfdertyd is die verdelingslyne wat van ver af kom, dieper afgeëts.

Gabriel J. Botma doseer joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 2011 sy doktorsgraad behaal het. Hy was 15 jaar lank verbonde aan Die Burger in Kaapstad, en het veral as kuns-en-vermaakredakteur en resensent naam gemaak. In 2014 het die boek Brothers in Armchairs: Cultural struggles at Die Burger uit sy pen verskyn.

Erscheinungsdatum
Sprache Afrikaans
Themenwelt Geisteswissenschaften Geschichte Regional- / Ländergeschichte
Geschichte Teilgebiete der Geschichte Kulturgeschichte
Sozialwissenschaften Politik / Verwaltung
ISBN-13 9781776092314 / 9781776092314
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Die Revolution des Gemeinen Mannes

von Peter Blickle

Buch | Softcover (2024)
C.H.Beck (Verlag)
CHF 16,80
Eine Geschichte des Geschmacks

von Ulrich Raulff

Buch | Hardcover (2025)
C.H.Beck (Verlag)
CHF 49,95
Glaube, Verfolgung, Vermarktung

von Wolfgang Behringer

Buch | Softcover (2024)
C.H.Beck (Verlag)
CHF 16,80