Tietie En Nanna Se Huiskos
Seiten
2024
Human & Rousseau (Pty) Ltd (Verlag)
978-0-7981-8477-9 (ISBN)
Human & Rousseau (Pty) Ltd (Verlag)
978-0-7981-8477-9 (ISBN)
- Titel nicht im Sortiment
- Artikel merken
Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos – niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n Kaaps-Maleise twist.
Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit ’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit word, is ’n tydlose treffer.
En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks, skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer. Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom. (Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries, strawberry jam en cream.)
Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae op Instagram en TikTok.
Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie kombuise opdis.

Najma Abrahams (Tietie), die jonger suster, het ook geleer kos maak by haar ma. Tietie het twee seuns, Rezah en Ubaid. Ubaid is die meesterbrein agter die TikTok-sensasie. Hy het dikgehou dat die twee tuiskokke moet kosvideo’s maak en soos hulle sê, die res is history. Die twee susters woon in die Strand saam met Tietie se seuns. Azba Fanie (Nanna) het op 11-jarige ouderdom begin bak en brou. Haar liefde vir kosmaak kry sy van haar oorle’ ma. Sy onthou dit was tamatiekos wat sy die eerste keer saam met haar ma gekook het. Nanna hou van nuwe goed try en is ewe mal oor kook en bak.
| Erscheinungsdatum | 15.10.2024 |
|---|---|
| Verlagsort | Cape Town |
| Sprache | Afrikaans |
| Maße | 215 x 280 mm |
| Gewicht | 500 g |
| Themenwelt | Sachbuch/Ratgeber ► Essen / Trinken ► Grundkochbücher |
| ISBN-10 | 0-7981-8477-9 / 0798184779 |
| ISBN-13 | 978-0-7981-8477-9 / 9780798184779 |
| Zustand | Neuware |
| Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR) | |
| Haben Sie eine Frage zum Produkt? |
Mehr entdecken
aus dem Bereich
aus dem Bereich
80 Wohlfühl-Rezepte mit Aromenfeuerwerk
Buch | Hardcover (2025)
Edition Michael Fischer (Verlag)
CHF 49,90