Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Onkant! - Hendrik Hancke

Onkant!

'n Rugbyliefdesverhaal

(Autor)

Buch | Softcover
200 Seiten
2023
Jonathan Ball Publishers SA (Verlag)
978-1-77619-264-9 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Rugby is een van my passies, een van my liefdes. – Gcobani Bobo, oud-Springbok. Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink? Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Hendrik Hancke is ’n joernalis by die Sunday Times in Johannesburg. In ’n vorige lewe was hy ’n digter, dramaturg en ’n bestuurder van kunstenaars. Hendrik het etlike jare by Rapport gewerk waar hy in 2017 twee Legend24-toekennings ontvang het vir ondersoekende joernalis en feature-skrywer van die jaar. Hy het ook talle sportstories vir Rapport geskryf. Hendrik was sedert sy kinderdae nog altyd mal oor rugby.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Johannesburg
Sprache englisch
Maße 152 x 233 mm
Gewicht 500 g
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Sport Ballsport
ISBN-10 1-77619-264-8 / 1776192648
ISBN-13 978-1-77619-264-9 / 9781776192649
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
das umfassende Buch für Fans, Spieler und Neugierige

von Jonas Kürbis

Buch (2024)
Eulogia Verlags GmbH
CHF 25,90