Resepte
Jacana Media (Verlag)
978-1-4314-2751-2 (ISBN)
Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees.
Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou. Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!
In 2014 het die aktrise, Julia Anastasopoulos, en Ari Kruger, haar man die filmregisseur, besluit om hul vaardighede en passie vir komedie verder te ontwikkel met projek wat apart staan van hul gewone kommersiele werk. Daar is SuzelleDIY gebore wat nie net tot volskaalse handelsmerk en besigheid ontwikkel nie, maar ook hul geliefde karakter, Suzelle, haar weg na die harte van duisende Suid-Afrikaners en mense oral in die wêreld laat vind. SuzelleDIY het verskeie toekennings ontvang, waaronder twee Loeries, die Superbalist 100 en die toekenning vir die Best People and Blogs- kanaal tydens YouTube se bekronings vir 2016. Suzelle ontvang in 2018 drie SAFTA-nominasies en wen die prys vir Beste Regie: TV Komedie. Die twee het intussen ook hul eie kreatiewe produksiehuis gestig onder die naam Sketchbook Studios wat in Woodstock gebaseer is. Die span het suksesvolle handelsprodukte bekend gestel, waaronder Do It Yourself Diary wat meer as 5 000 kopieë verkoop het en hul blitsverkoper, SuzelleDIY the Book, waarvan daar al meer as 15 000 kopieë verkoop het. Suzelle se aanhangers op sosiale media het met die verloop van jare in dié mate toegeneem dat dit nie net gehelp het om die handelsmerk te vestig en die verkope van produkte te stimuleer nie, maar ook om ander sosiale entrepreneurs, glanspersoonlikhede en selfs verskeie leidende handelsmerke te ewenaar. Julia en Ari se YouTube-kanaal het meer as 135 000 intekenare met gesamentlike video besigtiging van meer as 26 miljoen, tesame met 100 000 Instagram- en 135 000 Facebook-volgelinge onderskeidelik. Die span stel nou Resepte bekend; nog ‘n passie- projek wat liefdevol ontwerp is deur die Sketchbook-familie. Hierdie projek is reeds vir geruime tyd in aanloop en die span kan nie wag om die boek uiteindelik met die wêreld te deel nie!
| Erscheinungsdatum | 13.05.2019 |
|---|---|
| Verlagsort | Johannesburg |
| Sprache | Afrikaans |
| Maße | 190 x 250 mm |
| Gewicht | 500 g |
| Themenwelt | Sachbuch/Ratgeber ► Essen / Trinken ► Grundkochbücher |
| ISBN-10 | 1-4314-2751-9 / 1431427519 |
| ISBN-13 | 978-1-4314-2751-2 / 9781431427512 |
| Zustand | Neuware |
| Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR) | |
| Haben Sie eine Frage zum Produkt? |
aus dem Bereich