Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek - Melinda Roodt

Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek

(Autor)

Buch | Hardcover
320 Seiten
2016
Struik Lifestyle (Verlag)
978-1-4323-0674-8 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek is 'n byderwetse Suid-Afrikaanse kookboek met heerlike maaltye vir familie en vriende. Die boek beeld ons moderne diverse Suid-Afrikaanse kultuur uit met invloede uit Ouma se kombuis, Mediterreense kulture, die Indiese kultuur en die Afrika-kultuur. Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek is 'n omvattende boek vir heerlike maklike huiskos oor kulture heen en bevat sowat 170 gunsteling- en nuwe innoverende resepte. Die skrywer gebruik vars en plaaslik beskikbare bestanddele en het die resepte verfyn om watertandresultate vir die beginner- en ervare kok te waarborg. Nie net spoor die boek jou aan om goeie kos te berei nie, maar dit dien ook as inspirasie met waardevolle lewenslesse, -waarhede en -leuses. Volkleurfoto's beeld die eindresultate van elke gereg uit.

Melinda Roodt en haar man Gerhard is voltyds in die bediening by die Delta Community Church in Vereeniging. Melinda is ook 'n openbare spreker en dien op die rade van liefdadigheidsorganisasies wat mishandelde vroue en kinders, slagoffers van geweld, weeshuise, ouetehuise en die minderbevoorregte ondersteun. Sy is ook 'n musikant, en beheer en dirigeer drie orkeste. As 'n ervare gasvrou en organiseerder van verskeie konferensies waar sy vir 'n paar honderd gaste op 'n slag kos moet verskaf, het sy selfs 'n paar kookkursusse by haar huis aangebied en meer as 360 vroue geleer om smaakvolle tuisgemaakte kos te berei. Boonop besit sy haar eie beskuit- en koekiereeks, 'Mel's Kitchen' en pak soms olieverfprojekte aan. Sy het drie kinders, ry perd vir ontspanning en is lief vir tuinmaak.

Inleiding; Ontbyt; Brode, pizzas en quiches; Pesto's, souse en konfyte; Voorgeregte, Slaaie; Sop; Pasta; Groente en bykosse; Vis en seekos; Hoender; Rooivleis; Koeke, terte en nageregte; Beskuit, koekies en lekkers; Indeks.

Erscheinungsdatum
Sprache Afrikaans
Maße 215 x 260 mm
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Länderküchen
Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Themenkochbücher
ISBN-10 1-4323-0674-X / 143230674X
ISBN-13 978-1-4323-0674-8 / 9781432306748
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
ein Jahr in meiner italienischen Küche

von Letitia Clark

Buch | Hardcover (2025)
ZS - ein Verlag der Edel Verlagsgruppe
CHF 44,90