Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Kook saam Kaaps - Koelsoem Kamalie, Flori Schrikker

Kook saam Kaaps

Buch | Softcover
112 Seiten
2016
Lapa Publishers (Verlag)
978-0-7993-7503-9 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel ist leider vergriffen;
    keine Neuauflage
  • Artikel merken
Boontjiestowe, koolfrikkadelle, tamatiebredie, sagopoeding en broodpoeding - eerlik gemaak, sonder fieterjasies en moderne byvoegings - is die onopgesmukte huiskos waarna ons elkeen verlang. Die hartskos wat met 'n stewige dosis van ma se liefde voorberei is en ons instinktief laat weet dat ons by die huis is. Dit is in die reuk van speserye en gebraaide uie, van varsgebakte brood en heerlike soet poeding. Kook Saam Kaaps, in samewerking met RSG, stel die kos van Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, twee afgetrede tannies van Bonteheuwel in die Kaap, bekend. Met onfeilbare resepte, perfek-beproef na jare se ondervinding, kan elkeen weer huiskos, soos ons ma's dit gemaak het, in hul eie kombuise voorberei. Die bestanddele is bekombaar in enige winkel, die resepte nie uitgerek nie, en die resultate is gewaarborg. Beide Koelsoem en Flori word gereeld deur Amore Bekker van RSG geskakel om hul resepte op haar program, Tjailatyd, te deel.
Voorbeelde van resepte: Uieslaai, Tuna-viskoekies, Groentekoekies, Kerrieafval, Tamatiepootjies Tamatiefrikkadelle, Boontjie-en-wors-bredie, Wortel-en-ertjie-bredie, Koolbredie, Ouvrou-onder-die-kombers, Hoenderpastei, Groentesop, Vissop, Aartappel-en-uie-sop, Romerige botterhoender, Maalvleis roly-poly, Vinnige rosyntjiebroodjie, Spinasiebrood, Granny Smith appels met patatvulsel, Onmoontlike tert, Ma Flori se pynappelyskastert, Broodpoeding, Malvalekkerpoeding, Onderstebo-tert.

Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker, afgetrede tannies van Bonteheuwel, is gereelde en entoesiastiese deelnemers aan die Tjailatyd radioprogram, want gedurende die agtermiddae deur Amore Bekker op RSG aangebied word. Hulle deel gereeld en met groot liefde hul beproefde resepte met die luisteraars van regoor die land. Beide is ervare huiskokke wat ook op 'n daaglikse basis aktief deelneem in die wel en wee van die Bonteheuwel gemeenskap.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Pretoria
Sprache Afrikaans
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Länderküchen
Sachbuch/Ratgeber Essen / Trinken Themenkochbücher
ISBN-10 0-7993-7503-9 / 0799375039
ISBN-13 978-0-7993-7503-9 / 9780799375039
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
ein Jahr in meiner italienischen Küche

von Letitia Clark

Buch | Hardcover (2025)
ZS - ein Verlag der Edel Verlagsgruppe
CHF 44,90