Veldbestuur
Briza (Verlag)
9781920217563 (ISBN)
Veld is 'n lewensbelangrike natuurlike hulpbron vir ons aardse bestaan. Sowat 80% van ons mooi land bestaan uit veld. Die grootste deel daarvan word vir vee- en wildboerdery asook vir bewaring van biodiversiteit en vir ontspanning gebruik. Goeie veldbestuur is nodig om grondagteruitgang te stuit en om volhoubare voedselproduksie en bewaring van biodiversiteit te verseker. Maar goeie veldbestuur berus op 'n goeie kennis van ekologiese beginsels en veldbestuurspraktyke, iets wat baie grondgebruikers nie beskore was om te verkry nie. Die boek poog om die nodige kennis te verskaf om grondgebruikers te help om die grond in hul sorg doeltreffend te bestuur - inderdaad 'n reuseverantwoordelikheid. Die insluiting van meer as 380 foto's en illustrasies en die gebruik van maklik verstaanbare taal in Veldbestuur - Beginsels en Praktyke is daarop gemik om die taamlik tegniese onderwerp te vereenvoudig.
Frits van Oudtshoorn is 'n weidingskonsultant en omgewingsop-leier. Hy het 'n lewendige belangstelling in volhoubare grondbestuur en het 'n meestersgraad in Natuurbewaring. Hy is ook die skrywer van die boeke Gids tot grasse van Suider-Afrika en Guide to Grasses of southern Africa.
Inhoud: Hoofstuk 1 is 'n inleiding tot die onderwerp en sluit ook belangrike wetgewing in; Hoofstuk 2 bespreek die natuurlike hulpbronne, soos grond, plantegroei en water, waaroor ons tydens veld- en grondbestuur beheer uitoefen; Hoofstuk 3 handel oor ekologiese beginsels, met afdelings oor basiese ekologiese prosesse, die rol van plante en diere, en grondagteruitgang; Hoofstuk 4 bevat al die belangrike praktyke soos eiendomsbeplanning, weidingstelsels, brandbestuur, die beheer van ongewenste plante en nog veel meer.
| Erscheint lt. Verlag | 1.11.2015 |
|---|---|
| Zusatzinfo | 380 Kleur foto's en illustrasies |
| Verlagsort | Arcadia |
| Sprache | Afrikaans |
| Maße | 168 x 240 mm |
| Gewicht | 500 g |
| Themenwelt | Sachbuch/Ratgeber ► Freizeit / Hobby ► Angeln / Jagd |
| Naturwissenschaften ► Biologie ► Ökologie / Naturschutz | |
| ISBN-13 | 9781920217563 / 9781920217563 |
| Zustand | Neuware |
| Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR) | |
| Haben Sie eine Frage zum Produkt? |
aus dem Bereich