Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Maklike tafelversierings vir elke geleentheid - Noeleen Foster, Clare Huisamen, Ingrid Loud

Maklike tafelversierings vir elke geleentheid

Buch | Softcover
160 Seiten
2013
Struik Lifestyle (Verlag)
978-1-4323-0085-2 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel ist leider vergriffen;
    keine Neuauflage
  • Artikel merken
Baie belangrike geleenthede in ons lewens word 'n blye herinnering wanneer ons saam met familie en vriende aansit om 'n ete te geniet. Die teks bevat wenke oor hoe om verskeie decor-items te maak en hoe om met flair te onthaal.
Baie belangrike geleenthede in ons lewens word 'n blye herinnering wanneer ons saam met familie en vriende aansit om 'n ete te geniet. 'n Smaakvolle tafel komplementeer die kos, sowel as die geleentheid en Maklike tafelversiering vir elke geleentheid bevat pragtige fotografie en voorstelle om 'n tema te ontwikkel om jou behoeftes en materiale tot jou beskikking te pas. Die teks bevat wenke oor hoe om verskeie decor-items te maak en hoe om met flair te onthaal. Inhoud sluit in: Inleiding, informele etes tuis (gemaklike laat-ontbyt, boekklub-ete, teepartytjie, whisky-en-wyn-aand, familie-etes); eet alfresco (die volmaakte piekniek, romantiese ete, vier die lente, onder die sterre), kom vier saam (gradeplegtigheid, Moeders- en Vadersdagmiddagetes, ooievaarstee); formele etes; vir die kleingoed (ook voorstelle vir hoe om gaste se kinders te vermaak); klein idees, groot impak (wenke oor hoe om die items in die boek te maak); lys van verskaffers.

Clare Huisamen, Ingrid Loud en Noeleen Foster het reeds saam aan verskeie projekte gewerk, wat binneversiering-artikels vir verskeie publikasies insluit. Die inspirasie vir die boek spruit uit die behoefte om elke geleentheid in 'n heerlike herinnering te omskep, asook die spesiale tye saam met familie en vriende te verryk. Clare is die redakteur van 'n vroue-leefstyltydskrif. Sy leef volgens die filosofie dat niks goeds ooit bereik word sonder 'n groot aantal energie en passie nie. Ingrid, 'n binneversierder, bedryf 'n suksesvolle decor- en materiaalonderneming. Noeleen is reeds 15 jaar lank 'n professionele fotograaf wat reeds die fotografie vir talle voorblaaie van glanstydskrifte gedoen het. Troufotografie is haar spesialiteit.

Erscheint lt. Verlag 13.5.2013
Zusatzinfo Volkleurfoto’s regdeur
Sprache Afrikaans
Maße 210 x 255 mm
Gewicht 616 g
Themenwelt Sachbuch/Ratgeber
ISBN-10 1-4323-0085-7 / 1432300857
ISBN-13 978-1-4323-0085-2 / 9781432300852
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Finding the Power to Thrive – From the bestselling author of …

von Jelena Dokic

Buch | Softcover (2024)
Penguin Random House Australia (Verlag)
CHF 23,90