Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Amper Frans - Louis Jansen van Vuuren

Amper Frans

’n Lewe van Fanfare en Faux Pas
Buch | Softcover
256 Seiten
2020
Jonathan Ball Publishers SA (Verlag)
978-1-77619-046-1 (ISBN)
CHF 23,55 inkl. MwSt
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Toe hy 21 jaar gelede vir die eerste keer in Parys aankom, sou die kunstenaar Louis Jansen van Vuuren hom nooit kon indink dat hy eendag ’n château in die Franse platteland sou besit nie.

In Amper Frans vertel hy op skreesnaakse wyse hoe hy alles wat Frans is ontdek en beproef het – daar is neusoptrekkerige kelners, statige hertoginne, etlike botsings met die berugte Franse burokrasie en natuurlike talle faux pas in sy gebrekkige Frans.

Om die vervalle château saam met sy lewensmaat, Hardy Olivier, in ’n boetiekhotel te omskep het groot geduld en uithouvermoë geverg. Talle lesse is op die harde manier geleer. Een daarvan is dat vier verwarmers geensins genoeg is om ’n hele château te verhit nie en dit sal jou dae lank sonder elektrisiteit laat.

Louis vertel ook van kaskenades met hulle gaste en hul eie avonture soos hulle die land platry agter vlooimarkte en avontuur aan. Hy vermeng stories oor hul lewe in Frankryk met brokkies geskiedenis en fassinerende inligting oor eg Franse tradisies.

Dit is ’n moet vir Frankofiele!

Louis Jansen van Vuuren is ’n bekende kunstenaar wat al meer as 50 uitstalling in Suid-Afrika en oorsee gehou het. Hy was ’n dosent aan die Universiteit Stellenbosch en die Michaelis-kunsskool in Kaapstad voordat hy hom in die laat 1990’s in Frankryk gevestig het. Louis en sy lewensmaat, Hardy Olivier, het lank die La Creuzette-boetiekhotel in Boussac besit. In 2009 het hy en Hardy die boek Feestelike Frankryk/Festive France saam met Anet Pienaar-Vosloo uitgegee. Verskeie van sy kortverhale is al gepubliseer en hy is die skrywer van Die storie van ’n huis en ’n bundel poësie, Tempermes.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Johannesburg
Sprache Afrikaans
Maße 138 x 210 mm
Gewicht 500 g
Themenwelt Literatur Biografien / Erfahrungsberichte
Reisen Reiseberichte
ISBN-10 1-77619-046-7 / 1776190467
ISBN-13 978-1-77619-046-1 / 9781776190461
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
meine Geschichte

von Alexej Nawalny

Buch | Hardcover (2024)
S. Fischer (Verlag)
CHF 39,90
die Autobiografie

von Papst Franziskus

Buch | Hardcover (2025)
Kösel (Verlag)
CHF 35,90
unser Eingliederungsversuch in eine geschlossene Gesellschaft

von Tahsim Durgun

Buch | Softcover (2025)
Knaur (Verlag)
CHF 25,20