Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Net mooi fine - Lanie van Reenen

Net mooi fine

Die vervolg op C’est la Vie
Buch | Softcover
152 Seiten
2019
Penguin Books (South Africa) (Verlag)
978-1-77609-457-8 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Iets heerliks gebeur. Dis asof ek nie meer Lanie-op-’n-fiets op ’n mission is nie, maar een word met die natuur om my; of ek nog van altyd af hier was, hier hoort. Asof die lewe nog altyd eenvoudig was. Ek klim af en gaan lê op my rug en kyk deur die herfsblare wat goud aan die bome hang tot by die ysblou lug ver bo.
Net mooi fine is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy wat gebeur het sedert haar hotelprojek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende château moet probeer red of verkoop. Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture: soms alleen per fiets, soos wanneer sy die Camino Portuguese voltooi; maar ook te voet, soos die tog na die berg Everest se basiskamp wat sy ter wille van liefdadigheid onderneem. In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles net mooi fine"?

Lanie van Reenen, eertyds ’n entrepreneur in die interieur- en gasvryheidsbedryf, se memoires C’est la Vie het in 2013 verskyn. Sy woon in Kaapstad, waar sy werk as ’n binnenshuise ontwerper en omring word deur haar kinders en kleinkinders.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Parklands
Sprache Afrikaans
Maße 153 x 234 mm
Themenwelt Literatur Biografien / Erfahrungsberichte
Reisen Reiseberichte
ISBN-10 1-77609-457-3 / 1776094573
ISBN-13 978-1-77609-457-8 / 9781776094578
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
meine Geschichte

von Alexej Nawalny

Buch | Hardcover (2024)
S. Fischer (Verlag)
CHF 39,90
die Autobiografie

von Papst Franziskus

Buch | Hardcover (2025)
Kösel (Verlag)
CHF 35,90
unser Eingliederungsversuch in eine geschlossene Gesellschaft

von Tahsim Durgun

Buch | Softcover (2025)
Knaur (Verlag)
CHF 25,20