Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Die moord op Liezel de Jager - Anena Burger

Die moord op Liezel de Jager

(Autor)

Buch | Softcover
168 Seiten
2025
Lapa Publishers (Verlag)
978-1-77639-197-4 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Op 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. Dit was ondenkbaar dat ’n geestelike leier soos sy, wat ’n enorme impak op haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word. Maar nog vreemder gebeure volg in die dae en jare na haar moord. Haar man, Werner, verdwyn skielik spoorloos en word later in ’n bedenklike toestand in ’n suikerrietplantasie gevind. Hy vermoed dat hy moontlik deur Liezel se moordenaars aangeval is. Benewens verskeie ander amper-noodlottige gebeure rondom Werner, is hy later ook in ’n ongeluk betrokke waar nog twee vroue dood is. Om alles te kroon, sloer die polisie twee jaar lank voordat hulle met die moordondersoek begin. Intussen voer Liezel se ouers ’n volgehoue stryd om geregtigheid vir hul dogter te kry. Dit loop uit op ’n suksesvolle hofsaak teen die minister van polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, met die gevolg dat Werner weens die moord op sy vrou in hegtenis geneem word, maar later onder misterieuse omstandighede in die hospitaal sterf. Die moord bly onopgelos.

Anena Burger is reeds 15 jaar ’n joernalis. Sy het in 2010 as vryskutjoernalis vir Media24 begin werk sonder enige formele of tersiêre opleiding en is deur die beste joernaliste in die Media24-stal, soos Gert Coetzee, Charles Smith, Julian Jansen, Dirk Kok en Andre Botha, opgelei. Burger was die redakteur van die Kalahari Bulletin-gemeenskapskoerant in Upington en sedert 2020 is sy Netwerk24 se senior joernalis in die Noord-Kaap. Sy het stories gedek soos die opspraakwekkende Pofadder-moord op Leon Brits, die Hartswater- driedubbele plaasmoorde, die Kalahari-tragedie en vele ander wat die land die afgelope paar jaar geruk het.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Pretoria
Sprache Afrikaans
Maße 153 x 234 mm
Gewicht 140 g
Themenwelt Recht / Steuern Strafrecht Kriminologie
ISBN-10 1-77639-197-7 / 1776391977
ISBN-13 978-1-77639-197-4 / 9781776391974
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Mein Leben zwischen Kokain und Waffen

von $ick

Buch | Softcover (2025)
Piper (Verlag)
CHF 24,90
der berühmte FBI-Profiler über die Fahndung nach Serienmördern und …

von John Douglas; Mark Olshaker

Buch | Softcover (2023)
riva (Verlag)
CHF 20,95