Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Van Afrikaans gepraat - Christo Van Rensburg

Van Afrikaans gepraat

Buch | Softcover
156 Seiten
2018
Lapa Publishers (Verlag)
978-0-7993-8476-5 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Hierdie boek kyk na waar Afrikaans vandaan kom, wie dit die eerste gepraat het, en wat die rolle van die Khoi, die slawe, die onderskeie trekke na die binneland, en die townships op hedendaagse Afrikaans gehad het.
’n Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan
Van Afrikaans gepraat ’n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg is nou te koop.
Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?
Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf?
Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans?
Wat is die invloed van townships op Afrikaans?
Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het of selfs ook die vrees vir taalkontak is een van Afrikaans se belangrike stories.
Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.
Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.
Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei.
Oor Van Rensburg se vorige boek So kry ons Afrikaans het Dr. Willa Boezak gesê: “Dit het my lewer verander. Dit het van my ’n taalaktivis gemaak.”
Die ATR die Afrikaanse Taalmuseum en -Monument en Die Erfenisstigting werk aktief mee om hierdie boek te bemark. Die boek kom ook gereeld ter sprake by taalsimposia van die ATKV en DAK. Ook in Nederland is daar groot belangstelling en die Engelse vertaling prikkel belangstelling onder sosiolinguiste van verskillende kontinente.

Christo van Rensburg was dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria toe hy begin belangstel in die dialekte van Afrikaans. Wat word vertel van die vorming van Afrikaans? Hy het verskeie navorsingsondersoeke uitgevoer op soek na ’n antwoord, onder andere ’n omvattende ondersoek oor die Afrikaans van die Griekwas. Later het hy departementshoof geword van die departemente Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, asook direkteur van die Eenheid vir die Ontwikkeling van Taalvaardigheid. Hy doen steeds navorsing oor die wortels van Afrikaans, waaroor hy publiseer en lesings lewer.

Erscheinungsdatum
Verlagsort Pretoria
Sprache Afrikaans
Themenwelt Literatur Biografien / Erfahrungsberichte
Literatur Essays / Feuilleton
Geisteswissenschaften Geschichte Regional- / Ländergeschichte
Geisteswissenschaften Sprach- / Literaturwissenschaft Sprachwissenschaft
ISBN-10 0-7993-8476-3 / 0799384763
ISBN-13 978-0-7993-8476-5 / 9780799384765
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?
Mehr entdecken
aus dem Bereich
Träume und Macht : eine Biografie

von Marita Krauss

Buch | Hardcover (2025)
C.H.Beck (Verlag)
CHF 61,60