Zum Hauptinhalt springen
Nicht aus der Schweiz? Besuchen Sie lehmanns.de
Ons Ongehoorde Soort - Louise Viljoen

Ons Ongehoorde Soort

Beskouings Oor Die Werk Van Antjie Krog

Louise Viljoen (Autor)

Software / Digital Media
246 Seiten
2008
Sun Press (Hersteller)
9781920338091 (ISBN)
Preis auf Anfrage
  • Titel nicht im Sortiment
  • Artikel merken
Antjie Krog is tans een van die belangrikste skrywers in Suid-Afrika en bekend vir die vreeslose wyse waarop sy in elke publikasie haar eie posisie as mens en skrywer in Suid-Afrika ondersoek. Die titel van Louise Viljoen se versameling opstelle oor haar werk is ontleen aan 'n gedig waarin Krog na skrywende vroue verwys as ons ongehoorde soort. Die verwysing na ongehoordheid is 'n veelseggende aanduiding van die wyse waarop Krog telkens op byna verregaande wyse die grense van die bekende en aanvaarde oorskry, maar dit ook regkry om met haar werk stem te gee aan diegene wat vantevore nie gehoor is nie. Die opstelle in Ons Ongehoorde Soort gee erkennning aan haar veelsydigheid as skrywer deurdat dit ondersoek instel na die werk wat Krog op die gebied van die poesie, prosa en vertaling doen. Daar word aandag gegee aan belangrike temas in haar werk en rekenskap gegee van bepaalde ontwikkelinge in haar oeuvre.
Die fokus val op haar verhouding met die literere tradisie waarbinne sy skryf, haar interaksie met vroulike literere voorgangers en vroue uit die Suid-Afrikaanse geskiedenis, haar bemoeienis met die transformasies van identiteit binne die Suid-Afrikaanse en Afrika-konteks, haar pogings om deur vertaling die ruimte van Afrikaans uit te brei en haar gedurfde hantering van vroulike liggaamlikheid.

Louise Viljoen is professor in die Departement van Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. Sy werk in die veld van die Afrikaanse letterkunde en literere teorie met 'n spesifieke fokus op postmodernisme, postkolonialisme, gender, identiteit en outobiografiese skrywing. Sy is die samesteller (saam met Ronel Foster) van Poskaarte - Beelde van die Afrikaanse poesie (1998) en 'n bloemlesing uit Barend Toerien se poesie Om te onthou (2006). Sy is die skrywer van Ons ongehoorde soort - Opstelle oor die werk van Antjie Krog (2009). Sy dien op die redaksieraad van verskillende akademiese tydskrifte en tree op as resensent vir koerante en tydskrifte.

Erscheint lt. Verlag 1.5.2008
Verlagsort Matieland
Sprache Afrikaans
Maße 165 x 235 mm
Themenwelt Literatur Lyrik / Dramatik Lyrik / Gedichte
ISBN-13 9781920338091 / 9781920338091
Zustand Neuware
Informationen gemäß Produktsicherheitsverordnung (GPSR)
Haben Sie eine Frage zum Produkt?